Reuse blessing

Toe ek as vrou ‘rock bottom’ slaan, niks sin meer sien in my bestaan nie en met ‘n selfbeeldtelling op -20 is, het Elbie my op ‘n warm Saterdagoggend met liefde en deernis kom optel, gelei en gehelp dat ek tog later kon erken en sê ek het ook iets mooi.
Sy is ‘n kundige op haar gebied, laat mens op jou gemak voel en mens het die vrymoedigheid om vir haar te sê wat pla. Sy help met soveel eerlikheid en opregtheid maar met ‘n sagte aanslag. Daar was nie ‘n oomblik wat ek minderwaardig gevoel het nie.
Baie dankie Elbie! Wat ‘n reuse blessing! Vandag het jy vir my die reënboog gebuig.
Jy is ‘n pragtige en beeldskone vrou van binne en buite – mag NET goedheid en guns jou volg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *